Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Biddag vir die jeug

Biddag vir die jeug
 
2008-04-30


DIE jaarlikse Transformasie Biddag vind plaas Sondag 11 Mei vanaf 14:00 tot 17:00 by die Faurestraat-stadion in die Paarl.

Vanaf 14:00 begin die verrigtinge met ’n Jesusmars met 1 000 skoliere met gekleurde vlaggies vanaf die Drakenstein munisipale kantoor noordwaarts in Bredastraat tot by Lady Grey straat, dan weswaarts tot by Hoofstraat en NG Toringkerk en dan af in Faurestraat tot by die stadion.

Jongmense sal vooraf gevra word om gekleurde vlaggies te maak met die woorde daarop: “Ek Bid” “I Pray”

Die optog sal vergesel word van motorfietse van die Bikerskerk en blaasorkeste.

Om 15:00 sal langafstandatlete en fietsryers die stadion binnekom met brandende fakkels en ballonne.

Die program sal gefokus wees op jong- mense met lof, getuienis, gebed en aanbidding.

Pastoor Mendene van die AGS sal die boodskap oor gebed bring.

Die Transformasie Biddag word voorafgegaan met tien dae van gebed, vanaf 1 Mei tot 10 Mei binne die verskillende gemeentes wat hulle eie Pinksterreekse doen.

Gemeentes sal toegekende dae kry vir kettinggebed.

Skakel Gawie Hugo by 072­341-3946.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za