Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl-rugby bly op wenpad

Paarl-rugby bly op wenpad
 
2008-04-30


IN wat ’n lieflike aand vir rugby was, het al drie spanne van Paarl Rugbyklub Vrydagaand geseëvier teen Stellenbosch Corronations op Faurestraat-stadion.

In die hoofwedstryd van die aand het die Paarliete se eerste span heelagter, Marco Martin, ’n foutlose vertoning gelewer en met goeie ondersteuning drie keer agter die doellyn gaan kuier in die Paarliete se oorwinning van 50-10 oor die besoekers.

Voorlangs het Paarl die spel oorheers met sy swaarder pak, wat ’n goeie grondslag vir die agterspelers gelê het.

Dit het ook aan die agtsteman, Edwin Conradie die geleentheid gebied om self twee keer te gaan druk.

Die tweede span het hul wedstryd ook gemaklik, met 41-8, gewen. In die agterlyn het G Brandt, JP Steenkamp en B Sias net te veel spoed en vaardighede getoon. Sodoende het die agterlyn ook 6 van die span se 7 drieë gedruk.

Paarl se derde span het hul wedstryd met 24-3 gewen. Gedurende die wedstryd was dit die agtsteman, Hannes Douglas, wat net te veel skietgoed vir sy opponente gehad het.

Paarl se volgende wedstryd is tuis, op 10 Mei, teen Hamlets.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za