Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rose is meesters van hardlooprugby

Rose is meesters van hardlooprugby
 
2008-04-30


ROSES UNITED het Saterdag geweier om sy onoorwonne status in die Boland se Premier-rug- byliga prys te gee deur Black Leaves maklik af te stof met 41-17.

Die manne van Wellington het weer gesorg dat hul agterlyn die praatwerk doen deur die bal mooi wyd te speel om vir lekker hardlooprugby te sorg.

Die Rose se groot uitblinkers was Franzil September en Ignatius Korabie, met die senter, Cornell Hendricks, wat twee drieë vir sy span gaan druk het.

Die Rose se kookwater heelagter, Garth April, se naam behoort ook genoem te word aangesien hy weer met skitterspel vorendag gekom het, veral wat die Wellingtonners se teenaanvalle aanbetref.

Roses se drieë is gedruk deur September, Hendricks (2), Jacques Jansen, Korabie en Deon Williams.

Roses se tweede span het sy wedstryd gewen met 41-0 en die derde span het gewen met 15-5.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za