Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Gim se sportfees lok hope talent

Gim se sportfees lok hope talent
 
2008-04-30

Jaco van Wyk

GIMNASIUM het Saterdag en Maandag, ter viering van sy 150ste bestaansjaar, ’n sportfees op die skool se sportterrein aangebied wat skitterspel opgelewer het waaroor toeskouers beslis huis toe kan skryf.

Skole van regoor die land was uitgenooi om deel te wees van die sportskouspel wat rugby, hokkie en netbal ingesluit het.

Skole vanuit die Paarl het vir groot opwinding gesorg en weereens gewys dat die Paarl maar altyd ryk aan jong talent sal wees.

Met al die items wat vir groot belangstelling gesorg het, het skole in die Paarl, soos Gim, HJS, Boland Landbou, HMS en La Rochelle, kragte gemeet teen skole soos Outeniqua, Affies, Framesby en Bloemhof, om net ’n paar te noem.

Wat die rugby aanbetref, het HJS en Gim se wedstryde die meeste belangstelling ontlok, met albei skole wat kragte gemeet het met die sterk span van Affies (die Witbulle). Of die uitslae van die kragmetings enigsins ’n voorspelling is van wat later vanjaar tydens die skole se interskole-wedstryd gaan gebeur, moet maar aan die verbeelding oorgelaat word.

Tydens beide wedstryde het die twee Paarlse skole egter goeie drieë ingeryg teen ’n skool wat jaarliks een van die voorste spanne in SA skole-rugby is.

Gim het Saterdag met 21-3 geseëvier teen Affies, terwyl HJS die Maandag met 30-34 vasgeval het teen die Witbulle. Beide wedstryde het prag drieë opgelewer.

In ander rugby-wedstryde wat op die Saterdag plaasgevind het, het Boland Landbou vir Daniel Pienaar met 17-15 geklop terwyl HJS vir Outeniqua met 26-17 gewen het.

Tydens Maandag se rugby-ontmoetings het Boland Landbou met 13-20 vasgeval teen Framesby terwyl Gim met 33-22 afgereken het met Oakdale.

Die sportfees se netbal-uitslae (wat spanne van die Paarl insluit), was as volg: La Rochelle 17, Windhoek 6; Brackenfell 21, Gim 34; Bloemhof 24, HMS 18; Gim 40, La Rochelle 6; HMS 14, Outeniqua 33; Framesby 22, La Rochelle 4; HMS 22, Porterville 21; Gim 35, Windhoek 7; Brackenfell 31, La Rochelle 9; Diamantveld 23, HMS 7; Framesby 11, Gim 22; Gim 29, Outeniqua 9; Framesby 23, HMS 19; La Rochelle 13, Bloemhof 22; HMS 19, La Rochelle 16; Gim 43, Brackenfell 31; La Rochelle 24, Windhoek 17.

Met die finale plasings was Gim eerste, HMS sewende en La Rochelle agtste.

Die seunshokkie se uitslae was as volg: Gim 2, Framesby 1; Gim 5, Windhoek 0; HJS 0, Outeniqua 3; HJS 5, Framesby 0; Gim 4, Affies 2; HJS 2, Diamantveld 0.

Die dogtershokkie se uitslae was soos volg: Gim 4, Union High 1; Gim 5, Framesby 0; HMS 3, Diamandveld 0; HMS 4, Outeniqua 1; Gim 3, Windhoek 1; HMS 2, Bloemhof 3; Gim 2, Bloemhof 2.

Tydens die uitkloptoernooi het Gim en Bloemhof ’n gelykopuitslag (2-2) in die laaste ronde behaal.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za