Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Foto's van oud en nuut te sien

Foto's van oud en nuut te sien
 
2008-04-30


’n BUITENGEWONE FOTO­GRAFIE-PRO­JEK is maar een van die vele aktiwiteite waarna uitgesien kan word by die Breytenbach-sentrum op Wellington.

Die fotografie-projek staan onder leiding van Hendré Retief en Alisa Farr.

In hierdie projek word die ou-dorpse Wellington in herinnering geroep deur ’n uitstalling van foto’s wat toentertyd afgeneem is.

Hierdie foto’s is verkry deur die Wellingtonse Museum.

Maar dit is nie waar die projek ophou nie.

Leerders van verskeie plaaslike laerskole gaan nou dieselfde strate invaar as wat destyds afgeneem is en foto’s neem van hoe die dorp nou daarna uitsien.

Die uitstalling sal open op 7 Mei om 19:00 met ’n storie­­-aand, waartydens Winnie Rust, Charlotte Cupido en Callie Theron staaltjies sal vertel oor die oudorpse Wellington en sy mense.

Die program word afgewissel met musiek deur Eddie Gertse.

Belangstellendes moet bespreek teen 5 Mei by 021-873-786. Die uitstalling duur tot 30 Mei.

Vir navrae en besprekings, kontak die Breytenbach-sentrum by 021-873-2786 of theokemp@breytenbachsentrum.co.za.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za