Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pelgrimstog vir Vigs-wesies

Pelgrimstog vir Vigs-wesies
 
2008-04-30


VYF Kaapse vroue wil hulle op 13 Junie op ’n staptog van meer as 400 km begeef wanneer hulle die bekende El Camino de Santiago-pelgrimstog in die noorde van Spanje aandurf.

Dié vyf, Pat Nel en Annelise Stander (toerleier) van Durbanville en Alta van Dyk, Elise van der Westhuizen en Anna-Mart Cronjé van Melkbosstrand, is vasbeslote om die moordende staptog van 17 dae ’n besondere ervaring te maak.

Al vyf het besluit dat as hulle dit werklik die moeite werd wou maak, dit ook ten bate van ’n goeie saak moes wees en hulle het besluit om die Miqlat-tehuis vir Vigs-wesies in die Paarl met hul staptog te ondersteun.

Met ’n besoek aan die tehuis het die vroue baie gou aangetrokke gevoel tot die wesies.

Dit was nie lank nie toe staan elkeen met ’n kind in die arms.

Die verhale van hierdie kinders is hartverskeurend.

Dit dien nou as aansporing vir die staptog wat die vroue in Spanje wil aandurf.

“Ons wil graag met ons staptog geld insamel vir hierdie kinders en Miqlat wat hulle ondersteun in hul nood.

Deur borge te werf, kan ons iets gee aan Lalie en haar span wat wonderlike werk in die Paarl doen,” het Annalise gesê.

Mense wat hierdie stappers se geldinsameling wil ondersteun, kan aan Bowy House geld skenk. Navrae oor Bowy House en Miqlat kan gerig word aan Lalie Lombaard by 021-8634544.

Die vroue se pleidooi is dat hul ondersteuners geld betaal in die niewinsgewende organisasie (registrasie 2000/0307/08) se bankrekening.

Vir skenking en navrae, skakel Annelise Stander 082-544-3541, Lalie Lombaard 082-377-5007, AnnaMart Cronjé 082-894-6068.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za