Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vroue kry ster-status

Vroue kry ster-status
 
2008-04-30


TAMBOER baldadig saam met The Drum Café alle stres weg, nooi die Paarlse Oprah, Elsabé Aldrich, vroue na ’n Junie-kuieroggend in die Baxter-teater, Rondebosch.

Saterdag 7 Junie vanaf 09:30 tot 13:00, kan “vyfster-hartsvroue”, soos die gaste sal bekend staan, skitter by die oggend met die tema “Sappige vroue het ster-status”.

Elsabé gaan praat oor “Stap met arms wyd gegooi op die verhoog van jou lewe: jy is immers die hoofrolspeler!”

Tussendeur is daar Oprah-styl hartgeselsies met besoekende sterre (die identiteit bly ’n verrassing)

Kunstenaars is die eie diva, die talentvolle Zanne Stapelberg, asook die befaamde Kraaie van Wilgenhof.

’n Ongewone middagete sal tonge losmaak.

Bring kontant of ’n tjekboek, want daar sal stalletjies wees wat kreun onder mooigoed (ook Kersgeskenke, want ster-vroue koop reeds in Junie vir Kersfees).

Drag word nie voorgeskryf nie, behalwe dat daar êrens ’n ster moet wees. Daar is ’n prys vir die flonkerendste uitrusting.

Koste van R250 per persoon sluit talle bederfpryse in.

Fondse is deels ten bate van die rehabilitasie van Tik en ander dwelmverslaafdes in die Wes-Kaap.

Alle besprekings en navrae by Marianna van Niekerk by 083-302-5612 of custadm@mweb.co.za.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za