Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Grondpad 'n skande

Grondpad 'n skande
 
2008-04-30


DANKIE tog iemand voel nes ek oor die toestand van die Slent-grondpad by Kersboslaagte Skool!

My ou arme motor het in die afgelope drie jaar van kar na skedonk verander.

As dit nie is vir my uitlaat wat afval nie, dan skud my agterruit los! Ek ry elke dag die pad werk toe en terug, en ek ys vir die dag wat ek dit nie huis toe gaan maak nie.

Die vragmotors wat die pad gebruik, jaag partykeer tot meer as 100km/h as die pad geskraap is, van die een punt na die ander.

En ek moet net keer vir die klippe wat hulle opskiet, sodat ek nie weer vir die derde keer die jaar 地 nuwe voorruit moet insit nie!

Daar is ten minste een keer 地 maand 地 ongeluk op die pad weens stukke rotse wat in die pad uitsteek.

Ja, hulle skraap die pad, maar eers as dit absoluut onrybaar is. Verder word dit partykeer nie eens ordentlik gedoen nie en na twee weke sit ons weer met dieselfde sinkplaatpad.

Dit is tyd dat hulle die pad moet teer. Die feit dat daar nie geld is om die pad te teer nie is 地 verskoning wat al die afgelope 15 jaar gebruik word.

As jy al die kostes bymekaar tel wat dit kos om die pad die heeltyd te skraap, kon ons miskien al darem 地 halwe teerpad gehad het!

Slentpad Inwoner




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za