Kerkbasaar-kuier
2008-04-30
DIE Suider-Paarl NG Gemeente hou ’n regte outydse kerkbasaar op 9 Mei in en om die kerksaal vanaf 17:00 tot laat. Daar sal iets van alles te koop wees soos hamburgers, boereworsrolle en jaffels, koeke, terte, brood, beskuit, ’n stalletjie vars groente en vrugte, potjiekos, pannekoek, poedings, roosterkoek met skaapstertjies, plante, tombola, geskenke, tuisgemaakte lekkers, biltong en droëwors, ingelegte vrugte, konfyt en blatjang, en ’n ontbyt Saterdagoggend 10 Mei 08:00 tot 11:00. Daar sal ook hope pret vir die kinders met boeresport vir die hele gesin. Daar sal heerlike voete-jeuk-klanke van die kontrei-sangers te hoor wees. Kuier net lekker saam en ervaar die gasvryheid van die gemeente terwyl jy jou honger stil met heerlike kos, jou dors les met verskillende drankies soos gemmer- en pynappelbier en vrugtesappe.
More
News
|