Die uitgawe van u Wellington koerant van 24 April vat die koek. Baie geluk aan u en Henry.
Wanneer laas het ons so ’n positiewe voorblad gesien? ’n Mens wat werk en nie gesteel, geroof, aangerand, verongeluk of geskiet is nie. Maar ’n man wat werk en ’n sukses daarvan gemaak het.
Wat nie bakhand gestaan en vir die regering, wat in elk geval nooit die regte mense help nie, om hulp of aalmoese gevra het nie.
Baie dankie, Henry vir jou goeie voorbeeld al die jare wat ek jou ken. Sedert 1976 het jy ook van tyd tot tyd my skoene gelap en weer opgepoets en dit was altyd ’n plesier om in jou plekkie te kom en die aangename atmosfeer te kon ervaar, my tyd te kon verwyl en die goeie boodskappe daar kon lees, nes die een wat op die voorblad verskyn: “Be yourself”.
Dis wat jy my en baie andere ook geleer het: WEES JOUSELF, want dit is wat jy is en was en wat ons Skepper God van ons verwag.
Henry vir wat jy is en Marguerite Lombard vir jou positiewe bydrae: God seën julle.
Gifappel