Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dink nie net aan diere, maar ook bure

Dink nie net aan diere, maar ook bure
 
2008-05-08


ALHOEWEL ek dit nie goedkeur dat troeteldiere vergiftig word nie, hoop ek dat sommige troeteldiereienaars se oë sal oopgaan en ’n slag hul diere en bure in ag neem.

Indien jou hond of kat jou buurmense se tuin gebruik, behoort jy mos te help met die tuindienste en erfbelasting.

Indien jou hond vir twee uur aanmekaar blaf terwyl jy in jou huis is, behoort jy hulle mos self stil te maak. Voordat jy jou bure se goeie buurmanskap moet opoffer.

Indien jou groot hond hom moeg huil en dus die inbrekers “roep” wanneer jy jou huis verlaat, moet jy dalk vir hom ‘n maatjie kry aangesien so ‘n waghond se dienste verdag is.

Gebruik ook jou grafie meer gereeld aangesien dit brommers en vlieë lok as jy dit net elke drie weke doen.

Indien jy jou voorhek oopmaak en jou hond jou buurman se plante, voertuigwiele, tuinlig, potplante of wat ook al “water gee”, is dit jou plig om ‘n ordentlike poging aan te wend om dit te verhoed.

Indien jou reun nie op hok is nie en sodoende toegang verkry tot ‘n buurman se teef, behoort jy ’n plan te maak.

Stel jou voor jy is ’n boer en ’n buurman se vee kom vreet jou lande op of jou stoetkoei word gedek deur ’n buurman se half Nguni, half Afrikaner, terwyl jy eintlik met Angusse of Herefords boer!

Honde en katte is oulik, maar nie almal hou van almal se diere nie. Net so is jakkalse en rooikatte ook pragtig in die natuur, maar nie so oulik as dit tussen jou trop stoetskape beland nie.

Asseblief buurman/buurvrou, hou jou troeteldiere op jou erf en hou die “decibels” so laag as moontlik vir so kort as moontlik.

Sensitiewe diereliefhebber




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za