Hoėrskool-skones gesoek
2008-05-08
DIE eerste jaarlikse hoėrskole-skoonheidskompetisie vind plaas vanaf hierdie jaar. Dit skop af met die jaarlikse provinsiale streekuitdunne, onder meer die Wes-Kaap. Wynland Mnr en Mej Hoėrskool vind plaas Saterdag 12 Julie in Stellenbosch Burgersentrum. Tansey Coetzee (Mej SA 2007) sal glans verleen aan die geleentheid. Wenners in hul onderskeie streke wen groot pryse en sal aktief betrokke wees by gemeenskapsopheffingsprojekte, met optredes by skole in hul streek. Wynland Mnr en Mej Hoėrskool verteenwoordig hul streek om die algehele Wes-Kaap Mnr en Mej Hoėrskool-titel Saterdag 27 September in die Cape Town International Convention Centre. Die Wes-Kaapse kompetisie dien as platform vir nasionale Mnr en Mej Hoėrskool in 2009 waarin nege provinsies sal deelneem. Belangstellende skoliere mag inskryf na gelang van inskrywings ontvang vanaf skole. Die sperdatum vir skole om hul wenners in te skryf, is Vrydag 16 Mei en oudisies word gedoen Woensdag 21 Mei. Vir meer besonderhede, skakel Japie Jonkers by 071-153-3153 of 023-347-4826.
More
News
|