Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Ontwikkeling skep omstredenheid

Ontwikkeling skep omstredenheid
 
2008-05-08

May Saal

OMSTREDENHEID heers tans by die Drakenstein Munisipaliteit rakende die vertraging van ’n ontwikkelingsprojek van Capetainer naby Klapmuts wat reeds in 2006 deur die provinsiale regering sowel as die nasionale regering goedgekeur is.

Volgens Deetlefs du Toit van die DA het die saak reeds op 31 Augustus 2007 voor die raad gedien en daar is besluit dat die grond verkoop sal word aan Capetainer en die projek sal voortgaan.

“Volgens die DA se kennis is aan al die voorwaardes voldoen, maar dat die proses nou vertraag word deur politieke inmenging,” het Du Toit sterk beklemtoon.

Volgens die Drakenstein Burgemeester, Charmaine Manuel, ag die ANC Raad enige projek wat tot werkskepping kan lei, van groot belang.

“Dit is inderdaad so dat die DA Raad in Augustus ’n besluit geneem het om die grond te verkoop aan Capetainer sonder inagneming van die spesifieke grond (Plaas 736 Klapmuts) wat onderhewig is aan grondeise en die gemeenskap ter sprake, was nooit geken of gekonsulteer oor die verkoop van die grond nie.

Manuel voer ook aan dat tydens die Raadsvergadering van 31 Augustus 2007 het die ANC die DA/ID koalisie gewaarsku dat mense se regte misken word en dat die ANC nooit in enige stadium gekant was teen die ontwikkeling nie.

Du Toit sê die idee is om ’n binnelandse hawe langs die N1 snelweg op te rig, waar ook staalhouers vervaardig sal word vir groot skeepsmaatskappye.

“Met die projek sal werksgeleenthede wat tans in Kaapstad is, nader na die Paarl gebring word. Dié projek sal ook krag opwek vir die Drakenstein gebied,” is Du Toit van mening.

Volgens Du Toit is grond reeds in Koega en Drakenstein beskikbaar gestel en kan die Wes-Kaap die hele projek verloor.

Manuel sê dat die stellings wat deur Du Toit gemaak word met betrekking tot Koega en kragopwekking vir die Drakenstein gebied, nie deur die Raad bevestig kan word nie.

“Miskien beskik Du Toit oor inligting waarvan die Raad nie weet nie?”

Manuel bevestig dat die besluit van die Raad steeds staan, maar die kwessie van die grondeise en die Sakkieskamp-gemeenskap geniet tans aandag en moet eers met die Grondeise Kommissie uitgeklaar word.

* There is controversy in the Drakenstein municipal council regarding a proposed development at Klapmuts.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za