Afrikaans kry grondwetlike tande
2008-05-08
’n NASIONALE Afrikaanse Taalbelangeraad (NATB) word eersdaags gestig tydens ’n beraad van Vrydag 23 Mei tot Saterdag 24 Mei in die Goodnowsaal op Wellington, aangebied deur die Nasionale Forum vir Afrikaans (NFA). Die NFA word gesteun deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns, Pansat en die Vriende van Afrikaans. Registrasie is die Vrydag van 14:00 af (die verrigtinge begin om 15:00) en word afgesluit met ’n skemeronthaal. Saterdag duur die program van 09:00 tot 13:00 met ligte verversings vir die langpad. Die vernaamste punt op die sakelys raak die voorgestelde statuut van die NATB. Daar sal ook besin word oor projekte oor en in verband met Afrikaans. Verteenwoordigers van alle organisasies wat by die NFA geregistreer het, is welkom by die stigtingsbyeenkoms. Die aantal verteenwoordigers per organisasie (soos die ATKV, Dames Aktueel, Rapportryers, Vriende van Afrikaans) wat die stigtingsvergadering kan bywoon, is nie beperk nie. Ander waarnemers is ook welkom. Registrasiegeld is R150 per persoon. Vir meer besonderhede, skakel 012-328-5082, of e-pos die Vriende van Afrikaans by vvafr@sun.ac.zsa, of skakel 021-808-3745 of 086-617-1287
More
News
|