Transformasie biddag vir die hele gesin
2008-05-08
DIE jaarlikse Transformasie Biddag vind plaas Sondag 14:00 tot 17:00 by die Faurestraat-stadion in die Paarl. Vanaf 14:00 begin die verrigtinge met ’n Jesusmars met 1 000 skoliere met gekleurde vlaggies vanaf die Drakenstein munisipale kantoor noordwaarts in Bredastraat tot by Lady Greystraat, dan weswaarts tot by Hoofstraat en NG Toringkerk en dan af in Faurestraat tot by die stadion. Die optog sal vergesel word van motorfietse van die Bikerskerk en blaasorkeste. Om 15:00 sal langafstandatlete en fietsryers die stadion binnekom met brandende fakkels en ballonne. Pastoor Mendene van die AGS sal die boodskap oor gebed bring. Skakel Gawie Hugo by 072341-3946.
More
News
|