Krieketafrigting in vakansietyd
2005-06-30
DIE Boland Krieketraad hou ’n reeks afrigtingsklinieke vir junior spelers tussen 11 en 17 jaar tydens die Junie skoolvakansie.
Drie spesialisklinieke word Maandag en Dinsdag in die binnenshuise nette van die Boland Krieketakademie by die Boland Park Stadion in die Paarl gehou.
Die Maandag sal draaiboulers van 09:00 tot 13:00 touwys gemaak word, terwyl daar die volgende dag gekonsentreer sal word op die vaardighede van kolwers (09:00 tot 13:00) en snelboulers (14:00 tot 17:00).
Belangstellendes kan Deon Muller skakel by 083-212-7416 of 905-2475 (na ure) om plek te bespreek. Slegs ’n beperkte getal spelers kan geakkommodeer word. Die koste per sessie beloop R60 per speler.
More
News
|