Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vier erfenisfees met museum

Vier erfenisfees met museum
 
2008-05-08


ANTIEKE motors, ’n baba krokodil en ’n soektog in ’n sandbak is net ’n paar van die dinge wat op besoekers wag by die eerste Museum en Erfenis Ekspo wat van Donderdag 15 Mei tot Sondag 18 Mei in Paarl Mall in die Paarl plaasvind.

Meer as 25 erfenis-instellings sal uitstal by dié Ekspo wat deur die twee plaaslike museums, Paarl Museum en die Afrikaanse Taalmuseum, gereël word ter viering van Internasionale Museumdag, wat jaarliks wêreldwyd op 18 Mei gevier word.

Besoekers sal die tentoonstellings in die hoofgang van die inkopiesentrum daagliks vanaf 10:00 tot 17:00 kan besoek.

Besoekers sal produkte soos witblits kan proe en aan interessante aktiwiteite en kompetisies kan deelneem.

Paarl Museum se uitstalling sal fokus op die ontdekking van die Paarl, waaronder die Soektog in ’n Sandbak waar leidrade en artefakte in die sand bymekaar gepas moet word.

By die Taalmonument se stalletjie sal daar ’n model van die monument te sien wees, en besoekers sal die wortels van Afrikaans kan ontdek met die speel van ’n bordspeletjie.

Jonk en oud sal hul kennis van idiome kan toets met ’n rekenaarspeletjie by die Taalmuseum se stalletjie.

Die doel van die Museum en Erfenis Ekspo is om museums se werksaamhede aan die publiek bekend te stel en die siening te verander dat museums stowwerige plekke is.

Die organiseerders wil met die Ekspo die boodskap oordra dat museums aan die gemeenskap behoort en ouers aanmoedig om hul kinders na museums te neem.

Vir navrae, skakel Isabeau Botha by 021­-872-3441 of Elizabeth Bowes by 021-­872-2651




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za