Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Nuwe naam vir tuinbou-vereniging

Nuwe naam vir tuinbou-vereniging
 
2008-05-08


OM tred te hou met die vinnige lewenstempo, het die Paarlse Verfraaiings-en Tuinbou-vereniging sy naam vanjaar verkort na Paarl Tuinbou.

Die aktiwiteite van die vereniging wissel van uitstappies na tuine, tuinboupraatjies en demonstrasies.

Die vereniging is aktief reg onder die granietrotse van Paarlberg, langs die Meulwaterbergstroom, waar ’n groepie dames in 1931 ’n veldblomreservaat aangelę het.

Hier kan die besoekers ’n idee kry van die verskeidenheid van plante van Paarlberg.

Die plantegroei op Paarlberg verteenwoordig fynbos wat op kleierige granietgronde voorkom.

Die vereniging het in April Montagu besoek.

Op pad het hulle ook na Robertson se interessante en goed-uitgelegde kwekery gaan kyk.

Verdere funksies word vir 5 Junie, 7 Augustus en 23 Oktober beplan.

Vir meer inligting, skakel Ingrid le Roux by 072-436-2567 of Retha van Wyk by 083-407­2552.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za