Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bejaarde-versoring

Bejaarde-versoring
 
2008-05-08


MENSE wat hul bejaarde ouers tuis versorg, asook verpleegsters en tuisversorgers kan ’n werkswinkel oor die hantering van die verswakte bejaardes Saterdagoggend in die CP van der Merwe-saal op Wellington bywoon.

Die werkswinkel word deur die Wamakersopleiding-sentrum aangebied, en is deel van hul tien jaar feesvieringsprogram.

’n Tweede werkswinkel oor die stimulasie van babas word dieselfde dag gehou.

Sprekers by die werkswinkel ‘Omgee met passie’ sal praat oor die fisiese hantering van bejaardes, die stimulasie van bejaardes, die etiek om verpleging en versorging, kommunikasie en die hantering van seniele toestande.

Die werkswinkel ‘Fluit-fluit my ore tuit!’ is gemik op ouers, opvoeders en tuisversorgers van babas en kleuters.

Daar sal ook uitstallings wees van kinderboeke, speelgoed en leerhulpmiddels. Hierdie werkswinkel word by Wamakers se opleidingsentrum te Breedstraat 10, agter die Moederkerk, gehou.

Albei werkswinkels begin om agtuur met registrasie en sluit af om eenuur met ’n middagete. Kostes is R20 per persoon. Bespreking by 021-873-5942.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za