Winterskool vir Matrieks
2005-06-30
DIE Hoërskool Gimnasium se Mathcard Sentrum bied weer ’n winterskool vir matrieks aan. Dit vind plaas van 11 tot 14 Julie.
Die vakke wat aangebied word, is Wiskunde, Natuur- en Skeikunde en Rekeningkunde.
Die uitgestelde sluitingsdatum is reeds môre (1 Julie) maar laatinskrywings sal op versoek oorweeg word.
Volledige brosjures met inskrywingsvorms is beskikbaar by De Jagers, Pam Golding Eiendomme, Waltons en die Wellington Toerismeburo.
Vir meer inligting, skakel 872-0307 of 082-854-3611.
More
News
|