Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Stimulasiesentrum benodig hulp

Stimulasiesentrum benodig hulp
 
2008-05-08


DAAR is veertig kinders, tussen die ouderdom van 3 en 18 jaar, met fisieke en verstandelike gestremdhede wat daagliks versorging ontvang by die Paarl Stimulasiesentrum.

Die kinders ontvang fisio- en spraak terapie van Stellenbosch fisioterapie studente en die Elangenigroep van NoorderPaarl Hospitaal. Die sentrum maak ook gebruik van permanente en assistent-versorgers om na die kinders te kyk.

Die Wes-Kaapse Association for the Physically Disabled (APD) inspekteur die sentrum gereeld en sosiale werkers van die Drakenstein Sentrum is dikwels op die toneel om seker te maak dat alles nog reg verloop.

Die versorging van die kinders is duur en kapitaalintensief. Weens stygende voedsel- en brandstofkostes sukkel die sentrum om kop bo water te hou.

Die kinders woon in die armste gebiede van die Paarl, soos Paarl-Oos, Smartie Town, Groenheuwel, Wellington, Newtown, Mbekweni en op omliggende plase.

Die sentrum voorsien aan die kinders een maaltyd per dag. Vir baie van die kinders is die kos wat hulle by die sentrum kry die enigste maaltyd vir die dag.

Die kinders word ook elke dag van hul huise tot by die sentrum vervoer met ’n kombi, wat beteken dat die skool daaglikse brandstof uitgawes het.

Avril Jeffries, koördineerder van die Paarl Stimulasiesentrum, sê dat hulle skenkings van ontbytgraan, suiker, toiletpapier, skoonmaakmiddels en dettol benodig. Vir navrae, skakel 021-862-7113.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za