Rangers val vas
2008-05-08
VRYDAGAAND het Rangers in bykans stormsterk wind teen Strand vasgeval op laasgenoemde se tuisveld. Die eindtelling was 10-5 in Strand se guns. Die swak toestande aan die kus het die balhantering baie moeilik gemaak. Die twee spanne het die bal dus min wyd gespeel en sake is hoofsaaklik onder die voorspelers uitgespook. In die vastelos het veral Rangers se stutte, Butch Green en Fabian Dirks, uitgeblink. Dirks is na die kragmeting ook welverdiend as die speler van die wedstryd aangewys. Rangers se enigste drie is deur die kaptein, Pieter Hoon, gedruk. Saterdag speel Rangers tuis teen Young Stars.
More
News
|