Grapjasse word gesoek
2008-05-08
DIE Afrikaanse komediereeks "Net Virrie Grap" wat onlangs op KykNET begin het, word in die Paarl en omgewing opgeneem Sondag.
Volgens die vervaardiger, Blacky Swart, is daar in elke dorp en streek in die land mense wat bekend is vir grappe en storie vertel of dit nou in die jag, visvang, landbou, mynbou of enige ander snaakse of interessante storie is. “Ons wil hierdie humor vir almal wys en die persone gaan afneem daar waar hulle vandaan kom en sodoende ook vir almal wys watter pragtige land ons het,” sê Swart. Die aanbieder en mede-vervaardiger aanbieder van die reeks is die alombekende vermaaklikheidskunstenaar Thys Streicher alias die Bosveldklong. Lesers wat snaakse mense ken of van weet, kan ’n e-pos stuur na info@netvirriegrap.co.za
More
News
|