Hugenote se hokkie lyk skerp
2008-05-08
Hugenote Hoërskool, Wellington, se eerste hokkiespan is goed op dreef ná hulle onlangs die sterk span van HJS met 2-1 geklop het. Vroeër vanjaar het hulle vir Hoërskool Tygerberg met 3-1 gewen, en by ’n onlangse sportdag wat by Hoërskool Hermanus aangebied is, is die Wellingtonners as wenners van die toernooi gekroon.
More
News
|