Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Pniel troef Kuilsrivier

Pniel troef Kuilsrivier
 
2008-05-08


DIE rugbyspan van Pniel het hul posisie op die punteleer verbeter toe hulle die onoorwonne Kuilsrivier in ’n wegwedstryd met 18- 15 geklop het.

Die besoekers het hul oorwinning te danke aan rotsvaste verdediging en die feit dat hulle die tuisspan gedurig onder druk gehou het.

Vir die wenspan het niemand harder gewerk as die slot, Carlo Carolissen, nie. Hy het op die aanval en op die verdediging puik vertoon.

Carolissen is pragtig bygestaan deur die lostrio, bestaande uit die flanke, Ricardo Fredericks en Jameel Ladouce, en die agsteman, Irvin Lackay. Lackay is ernstig beseer in die laaste minute van die wedstryd.

Vir Pniel was die puntemakers Irvin Lackay (1 drie) en Patrick van Graan (1 drie), terwyl Les Boonzaaier met twee strafdoele geslaag het en Ricardo Windvogel met ’n doelskop geslaag het.

Pniel Villagers speel Saterdag tuis teen die sterk span van Bellville-Tech.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za