Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


WP wys 'n Paarl Streekspan aan

WP wys 'n Paarl Streekspan aan
 
2005-06-30


’n GROEP van 30 plaaslike spelers is besig met proewe vir ’n Paarl Streeksrugbypan.

Die span, wat deur die WP Rugbyvoetbalunie saamgestel is, sal op 6 Julie teen die Superliga A-span van Brackenfell/Bellville op Daljosafat te staan kom.

Dié wedstryd sal WP die geleentheid gee om te sien hoe die Paarl-spelers opweeg teen 'n Superliga- span en help met die moontlike liga-indeling van 'n gekombineerde Paarl-span sou so 'n idee volgende jaar tot uitvoer kom.

Vier klubs - Paarl, Riverstones, Windmeul en Young Standards - was nie teenwoordig by die vooraf vergadering waar klubs spelers vir die span kon nomineer nie.

Die span het al vier oefensessies agter die rug met die laaste oefening wat Maandag op Daljosafat Stadion plaasvind.

Die spanbestuurder, Ganief Dalvie, het egter geskimp dat sou van die spelers nie die oefeninge bywoon nie, ander spelers in hul plek gekies kan word.

Dalvie kan by 082-226-9307 geskakel word vir navrae.

Die groep is Brian Williams, Cedric Williams, Carlo Carolissen, Thysie Pieterse, Dalwayne Carollison, Barry Williams (almal Young Peoples), Roderick Allies (k), Jenovan Cornelisson, Morné Goetham, Alvin Hugo, Ju-Wayne Cyster, Dominic Daniels, Lincoln du Preez, Granville September (Albions), Marco Prinsloo, G Davids, Robert Pietersen (Laer Paarl), Neville Fortuin, Jeremy Koukom (Young Gardens), Adlee Moerat, Heinie Pretorius, Abas Hendricks, Anwar Dalvie, Adam Moerat (Vineyards), Rodger Ruiters, Charles Colley, Pieter Hoone (Paarl Rangers), H Marquard, Shane Anderson, Doriaan Isaacs (aldrie Violets).



More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za