Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Dames rol bal met genot

Dames rol bal met genot
 
2008-05-08


“HIERDIE was die beste dames-rolbaldag wat ek nog ooit bygewoon het,” het Margo van Nieuwenhuizen van Meadow Ridge gesę na die manslede van Paarl Rolbalklub onlangs ’n baie geslaagde toernooi vir vroue-rolbalspelers aangebied het.

Rolbalspelers van die Paarl sowel as verskeie omliggende dorpe in die Boland en klubs van WP het deelgeneem aan die Vrouedag wat nou reeds sinoniem is met pret en plesier.

Die tema vir die dag was “Uitnodiging na ’n restaurant” en die klubhuis was vrolik versier om by dié tema te pas.

Die naelskraapse wenners was een van die spanne van Wellington onder die leiding van Eleonore Groenewald.

Rolbal as ’n sport vir oud en jonk is beslis besig om in die Paarl veld te wen.

Daar word jaarliks ’n besigheidstoernooi aangebied waar die bane volgepak word deur nie-gereelde spelers wat hul kragte teen hul kollegas en vriende kom meet.

Węreldwyd is rolbal, as ’n gewilde ontspanningsport, besig om toe te neem - veral ook onder die jonger mense.

In Australië, wat die markleiers in die węreld van rolbal is, is die gemiddelde ouderdom van die land se rolbalspan minder as die gemiddelde ouderdom van die krieketspan.

Paarl Rolbal is trots om die volgende spelers as verteenwoordigers in Boland se rolbalspanne te hę: Almerie du Toit, Kobus Kriel en Nic Louw (almal Boland Ope), Francois van Deventer (Boland o.45), Morné Wessels (Boland o.25).

Sportliefhebbers word uitgenooi om deel te word van die pret en plesier van rolbal en kan enige lid kontak of selfs net by die baan in Markstraat opdaag.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za