Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Young Peoples nuwe Sewes-kampioene

Young Peoples nuwe Sewes-kampioene
 
2008-05-08


YOUNG PEOPLES het verlede Woensdag wraak geneem vir ’n vroeë nederlaag teen Evergreens toe hulle die span van Agter-Paarl met 29–17 in die eindstryd van die jaarlikse Sewes-toernooi op Daljosafat geklop het.

Peoples het in die eindstryd teen ’n sterk wind in die eerste helfte, eerste punte aangeteken toe Luantion Abelse gaan druk het.

Dominique Daniels het vinnig opgevolg en self gaan druk om die voorsprong te rek na 10–0.

Jeremy Koukom van Evergreens het op Peoples se vroeë drieë geantwoord met ’n drie onder die pale om die voorsprong te laat krimp na 10–7.

Na ’n blaps in die middelveld deur Peoples, het Evergreens hul tweede drie gaan druk om voor te loop met 12–10. Peoples se Charlyn Williams het toe net voor rustyd agter die doellyn gaan kuier en Dominique Daniels het die drie verdoel om Peoples te laat voorloop met 17–10.

Ná rustyd het Luantion Abelse en Manie Adams agter die doellyn gaan kuier om Peoples se voorsprong te rek na 29–10.

Evergreens het aan die einde ’n troosdrie gaan druk om die eindtelling op 29–17 te bring, maar dit was ongelukkig te laat en Young Peoples is as 2008 se Sewes-kampi- oene gekroon.

Die Plaat-afdeling is gewen deur Windmeul wat Laer Paarl (Blues) in die eindstryd met 24–17 geklop het.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za