Het jy raad nodig met gedigte?
2008-05-08
NEEM deel aan die LitNet|Sanlam SkryfNet-poësieskryfskool op 23 en 24 Mei by die Breytenbach-sentrum op Wellington. Die bekroonde digters CharlPierre Naudé en Danie Marais, asook die letterkundige Ampie Coetzee, sal kommentaar en aanbevelings lewer oor die ingeskrewe tekste. Die deelnemers sal deur die loop van die naweek aan een of meer gedigte skaaf wat vir publikasie op LitNet se PoësieNet oorweeg sal word. Verder sal Riana Barnard, uitgewer by Tafelberg, ’n sessie aanbied oor hoe die uitgewersbedryf werk en watter verwagtinge jong digters kan hê oor moontlike publikasie. Koste is R500 en sluit in etes en verblyf vir een nag. Vir oud-deelnemers aan die bestaande LitNet|Sanlam-aanlynskryfskool is die koste R300.
More
News
|