Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Leerders hou kunsteweek en vier skool se 150ste bestaansjaar

Leerders hou kunsteweek en vier skool se 150ste bestaansjaar
 
2008-05-08


PAARL Gimnasium hou ’n Kunsteweek vanaf Maandag 19 Mei tot Donderdag 22 Mei.

Die Kunsweek is ter viering van die skool se 150ste bestaansjaar en beide die hoër- en laerskool neem deel aan al die aktiwiteite.

Maandag 19 Mei om 19:00 is dit koor- en kunstenaaraand.

Plaaslike kunstenaars Laurinda Hofmeyer, André Terblanche, Hennie en Maria van der Merwe, Alana Burger en Pieter van der Westhuizen sal optree tydens die eerste helfte van die program.

Sewe skoolkore van die Paarl sal ’n massakoor vorm van 450 lede tydens die tweede helfte van die program.

Die massakoor sal saam met elke kunstenaar ’n lied sing.

Kaartjies is beskikbaar teen R30 by die hoër- en laerskool.

Dinsdag en Woensdag 20 en 21 Mei om 18:00 is dit GIM-vensters met ’n Kleine Kunstefees op die hoër­skoolterrein.

Vanaf graad nul tot graad sewe sal konsert hou in die klaskamers van die hoërskool.

Die dramaleerders van die hoër­skool sal kort tonele opvoer in die ouditorium en dansgroepe van graad agt tot graad 12 sal die gehoor vermaak met danse uit die verlede tot op hede.

Reuke van kosstalletjies en koffie sal die gange van die skool en terrein vul.

Eet sommer aandete by die skool.

Daar sal ook ’n kunsuitstalling wees.

Kaartjies teen R10 by die skole.




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za