Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Paarl Streekspan toon baie belofte

Paarl Streekspan toon baie belofte
 
2008-05-08


DIE Senior Paarl Streekspan het Donderdag ’n skitter-vertoning gelewer deur die City and Suburban-streek op City Park in Athlone met 27-5 te verslaan.

Paarl het alle fasette van die spel oorheers en het reeds in die eerste helfte vier drieë aangeteken om ’n welverdiende bonuspunt in te samel.

Hoewel die wedstryd onder moeilike omstandighede gespeel is as gevolg van die sterk wind, was die Paarl se span nie huiwerig om die bal lug te gee nie.

Agterlangs het die losskakel, Jannie Williams, ’n skitter-wedstryd gehad. Ander uitblinkers onder die agterspelers was die senters, Adlee Moerat en Grandston Marinus, en die heelagter, Andrew ‘Cullen’ Jacobs. Jacobs was elke keer gevaarlik wanneer hy aan die bal gevat het en het beslis die WP Disa-keurders se aandag getrek.

Onder die voorspelers het Makkie Heyns weer goeie spel gelewer. Hy is ook beloon met ’n egte stormram-drie.

Op die dag was die uitstaande voorspeler egter die flank, Brandon van Schoor, wat as die speler van die wedstryd aangewys is.

Vir die span van die Paarl het Heyns, Jannie Williams, Grandston Marinus en van Schoor drieë behaal.

Die Paarlstreek speel sy volgende wedstryd teen die sterk span van Helderberg wat saamgestel is uit klubs van die Strand, Macasser, Raithy en St Georges.

Die Paarlstreek se o.20 span het City and Suburban se o.20 span met 22-0 geklop.

Johnny van Neel het uitstaande spel vir die Paarliete gelewer en drie keer agter die doellyn gaan kuier, met Gurshon Hermanus wat gesorg het vir die bonuspunt drie.

Die sterk wind het die skopwerk en vloei van die spel bemoeilik en Theodore Marinus kon met slegs een doelskop slaag.

’n Gebrek aan samespel het die o.20 span gekelder en so het talle geleenthede om punte aan te teken, verlore gegaan.

Die junior Paarl Streekspanne speel op 24 Mei teen ’n gekombineerde junior span van Stellenbosch en Kylemore te Daljosafat.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za