Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Tiere verloor taai stryd

Tiere verloor taai stryd
 
2008-05-08


YOUNG PEOPLES was Vrydag op Daljosafat baie ongelukkig om hul wedstryd teen Primrose met 22-24 te verloor.

Peoples het vroeg in die wedstryd met 3-0 voorgeloop na ’n strafskop deur die heelagter, Dominique Daniels. Swak verdediging in die middelveld het egter veroorsaak dat die losskakel van Primrose onder die pale gaan druk het om die telling 7 - 3 te maak.

Die voorspelers van Primrose het die Tiere se voorhoede laat swaar leef in die skrums. Na volgehoue druk deur Primrose se voorspelers het die besoekers uiteindelik nog ’n drie, langs die pale, gaan druk.

Die wedstryd was baie fisies en die span van Primrose het die Tiere gedwing tot foute binne hulle eie gebied.

Ongedissiplineerde spel binne Peoples se helfte het veroorsaak dat Primrose nog ’n strafskop deur die pale kon jaag om hul voorsprong te rek na 16-3.

Die Tiere het ná die drie van Primrose met hernieude vuur begin speel en na ’n goeie agterlynbeweging is Lorenzo Jacobs oor vir sy drie en die spanne het gaan rus met die telling 10-19 vir die besoekers.

Ná volgehoue druk deur Peoples se voorspelers is Manie Adams oor die doellyn gemaal om die telling 17-19 te maak.

Swak verdediging deur die Paarliete se agterspelers het gesorg dat die vleuel van Primrose toegelaat word om nog ’n drie langs die pale te gaan druk en sodoende Primrose se voorsprong na 17-24 te rek.

Peoples het in die tweede helfte geboer op Primrose se doellyn en uiteindelik is Adams oor vir sy tweede drie. Die doelskop was mis en die telling het gekrimp na 22-24.

Ná goeie spel deur Peoples se skrumskakel, Barry Williams, het die voorspelers verwoed op Primrose se doellyn aangeval en Francois Manuel het onder die pale gaan druk.

Die drie is egter nie toegeken nie en Peoples het met 22-24 aan die kortste ent getrek.

Peoples se tweede en derde spanne het daarin geslaag om hul opponente onderskeidelik met 15–7 en 29-15 te klop.

Die Tiere se o.20’s het met 8-35 vasgeval.

Young Peoples speel Saterdag in ’n wegwedstryd teen Kraaifontein. Die bus vertrek om 10:30 uit Groenheuwel en kos R20 vir toeskouers.




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za