Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Safari steeds strate voor

Safari steeds strate voor
 
2008-05-08


DIE 21ste Safari-halfmarathon het sy reputasie as een van die gewildste halfmarathons in die land weereens gestand gedoen in die pragtige omgewing van Wellington.

Jaar na jaar bied die padwedloop hope plesier en opwinding, en met ongeveer 8 000 inskrywings in vanjaar se halfmarathon wat op Werkersdag beslis is, is die jaarlikse instelling niks van sy geloofwaardigheid kwyt nie.

Atlete en toeskouers het in oorvloed gestroom na Hoërskool Hugenote se sportvelde om te sien hoe Lindikhaya Mthangayi as die nuwe kampioen gekroon word.

Die atleet van Khayelitsha het die 21km roete in ’n tyd van 1 uur 6 minute en 47 sekondes voltooi.

Die vroue-atleet wat eerste die wenstreep gehaal het, is Ntombesintu Ntshiliza van Port Elizabeth. Sy het die wedloop in ’n tyd van 1 uur 21 minute en 26 sekondes voltooi.

Plaaslike atlete het natuurlik ook hul staal tydens die padwedloop kom toon.

Die eerste mansatleet van Wellington wat die wenstreep kon haal, was die 27-jarige Anton Faro (1:16:29), en die eerste vroue- atleet van Wellington was die 47-jarige Elzet Louw (1:44:40).

Die eerste Paarliet wat die wenstreep kon oorsteek, was Deon de Lange.

Ander plaaslike atlete wat goed vertoon het in die verskillende kategorieë, was Nazlee Botman van Wellington (junior vroue), Miranda Ward van Paarl (dames 40+) en Styntjie Prins van die Paarl (dames 50+).




More News
  • Kavaliers moet momentum gebruik
  • Sewes-aksie begin reeds môre
  • Baie visse uitgetrek
  • Standards koning
  • Last shot at gun run
  • Entries open for local MTB race
  • Wedvlug-duiwe
  • Sportdagboek
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za