NA ’n lang tydperk van realistiese verhalings is daar nou die moontlikheid van 60% prysstyging. Twee vrae:
* Kragopwekking benodig plus minus een derde van my elektriese rand, die ander twee derdes gaan na verspreiding, beide Eskom en die plaaslike owerhede. Die kragopwekking benodig die 60% styging om nuwe infrastruktuur te vestig, maar die verspreidingstelsel is hoofsaaklik in plek en benodig dus waarskynlik aansienlik minder styging, miskien nader aan ‘normale’ inflasie van 15(?)%. Die twee saam gee dan ’n syfer van nader aan 30% styging?
* Hoekom kan die styging, wat dit ook al mag wees, nie oor ’n tydperk van drie of vier jaar ingefaseer word nie?
Trevor Manuel het nou al ’n paar jaar surplus belastinginkomste, ek is seker ’n relatiewe klein oorbruggingsfasiliteit kan die polities-gevaarlike skok van ’n ‘Big Bang’ aanpassing verminder. Dit sal ook Tito Mboweni se inflasiestryd aanhelp.Huub Czanik