Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Stuur owerhede skool toe vir beplanning

Stuur owerhede skool toe vir beplanning
 
2008-05-15


DIE beplanningsvermoë van ons stadsvaders blyk traag te wees, soos weer duidelik was Vrydag met die chaos in die Paarlse Hoofstraat.

Tydens die week het munisipale werkers verskeie gedeeltes van die Hoofstraat gelap.

Dit is heeltemal aanvaarbaar, maar toe hulle Vrydag steeds hiermee voortgaan en reuse verkeersknope veroorsaak, was dit nie meer snaaks nie.

Dit is geen geheim dat die Hoofstraat daagliks probleme het met swaar verkeer nie, maar dié Vrydag was dit ’n ramp deur die padwerke.

Vanaf 13:00 was ’n stilstaande tou motors sigbaar vanaf Lady Greystraat in die middedorp, tot by die skoolverkeer by Auretstraat.

Is die stadsbeplanners dan nog nie bewus van ons verkeersprobleme terwyl hulle knus in hul kantoortjies in die grys paleis sit en potlode tel nie?

Stuur tog vir hulle terug na beplanningskool, voordat hulle weer so ’n projek aanpak.

Moeggewag




More News
  • Name change comes with new commitment
  • Maar moeilik met diens in middedorp
  • Rooi linte nie vir vandalisme
  • Moenie die naam verander nie
  • We can make a difference
  • Doen julle werk!
  • SMS
  • Peace under the (Linden) trees
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za