ATKV met kuier en gesprek byeen
2008-05-15
OP 23 Mei om 19:00 kom die hoof van al die damestakke van die Afrikaanse Taal en Kultuurvereniging, Alice Maartens, besoek aflê by die ATKV Damestak van die Paarl. Sy sal lede en gaste toespreek by die Traumerei koffiekroeg by die Vineyard Sparsentrum in Suider-Paarl. Verversings is beskikbaar. Almal is welkom om die geleentheid by te woon. Vir navrae, skakel Ronel Pienaar by 021863-2790.
More
News
|