Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Skole proe soet en suur

Skole proe soet en suur
 
2008-05-15

Jaco van Wyk

ONTMOETINGS tussen die top rugbyskole van die Paarl en hulle teenstanders het Saterdag soet en suur opgelewer, met Hoërskool Gimnasium en Hugenote wat alleenlik die smaak van heuning geproe het.

Gim se oorwinning van 17-14 op sy tuisveld oor die sterk span van Paul Roos het beslis nie sonder moeite gekom nie. Met ’n halftyd telling van 14-6 in die guns van die Paarliete was die wedstryd tot op die nippertjie in die weegskaal.

Gim se drieë is gedruk deur Jacquin Rogers (flank) en Martin Verhoeven (heelagter). JH Potgieter (losskakel) het met twee doelskoppe en ’n strafdoel geslaag.

In die middel van die Paarl op Brugstraat se velde het HJS goed teruggeveg teen die magtige Grey College, net om op die ou einde die knie te buig met 34-32.

Grey het in die eerste 20 minute van die wedstryd die spel gedomineer en kort voor lank ’n gemaklike voorsprong van 17-0 geniet. Net toe dit wou voorkom of die Boishaaiers met hul koppe tussen hul bene sou moes huis toe gaan, het die Paarliete ewe skielik ’n tweede asem geskep en die rustydtelling na 12-17 laat krimp.

Kort ná rustyd het HJS hul goeie vorm voortgesit deur ’n drie te druk om met 19-17 voor te loop.

Die manne van Bloemfontein het egter gewys waarom hulle as een van die mees gevreesde spanne in Suid-Afrikaanse skole- rugby beskou word deur weereens terug te veg en die wedstryd te beklink.

HJS se driedrukkers was Marcel van der Merwe (stut), Neville Adams (skrumskakel), Johan Wilken (vleuel) en Burger Kraemer (flank). Adams was suksesvol met twee doelskoppe.

In ’n ander wedstryd wat op Wellington beslis is, het Hugenote vir Durbanville met 55-5 verslaan. Die rustydtelling was 31-0.

Hugenote se drieë is gedruk deur Louw Heunis (losskakel, 2), Frederick Muller (skrumskakel, 2), Vincent Koch (stut, 2), Heyns Mouton (flank) en Wikus Theart (vleuel).




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za