Snuf in die neus
2008-05-15
Nadat die Paarl polisie Maandagaand inligting ontvang het oor dwelmsmokkelaars wat na die Paarl onderweg was om in dwelms te handel, is daar beslag gelê op kokaïne ter waarde van R1 500. Lede van die polisie het die inligting ontvang en dit het hulle gelei na die motorhawe by Joostenbergvlakte op die N1. Hul- le het die verdagtes dopgehou, maar een van hul- le het vermoedelik snuf in die neus gekry en ’n pakkie in ’n vullisblik gegooi. Konst Elton Robertson het die verdagte genader en haar terug na die vullisblik begelei. Hy het afgekom op vyf klein pakkies kokaïne. ’n Man en ’n vrou uit Kaapstad is in hegtenis geneem.
More
News
|