Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Taalraad word gestig

Taalraad word gestig
 
2008-05-15


TYDENS ’n beraad volgende naweek in die Goodnowsaal op Wellington sal ’n Nasionale Afrikaanse Taalbelangeraad (NATB) gestig word deur die Nasionale Forum vir Afrikaans (NFA).

Die NFA word gesteun deur die Akademie vir Wetenskap en Kuns, Pansat en die Vriende van Afrikaans.

Registrasie is Vrydag 23 Mei van 14:00 en die verrigtinge begin om 15:00 en word afgesluit met ’n skemeronthaal.

Saterdag 24 Mei duur die program van 09:00 tot 13:00.

Die vernaamste punt op die sakelys raak die voorgestelde statuut van die NATB. Daar sal ook besin word oor projekte oor en in verband met Afrikaans.

Verteenwoordigers van alle organisasies wat by die NFA geregistreer het, is welkom by die stigtingsbyeenkoms.

Die aantal verteenwoordigers per organisasie (soos die ATKV, Dames Aktueel, Rapportryers, Vriende van Afrikaans) wat die stigtingsvergadering kan bywoon, is nie beperk nie. Ander waarnemers is ook welkom. Registrasiegeld is R150 per persoon.

Vir meer besonderhede, skakel 012-328­-5082, of e-pos die Vriende van Afrikaans by vvafr@sun.ac.zsa, of skakel 086-617-1287.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za