Saamtrek vir die jeug
2008-05-15
DIE Wes-Kaapse Jeugvolkspelers bied hul jaarlikse Jeugsaamtrek in die Laerskool Courtrai-saal te Montreauxstraat, Paarl, op Saterdag 14 Junie om 18:00. Meer as 30 jong volkspelers sal hierdie saamtrek van die begin af organiseer, van die saal versier tot ete voorberei en opdien, sang en spele begelei. Vullende verversings soos ’n hoofgereg, nagereg, sop en toebroodjies, koeldrank, koffie en tee sal teen billike pryse te koop aangebied word, en ’n smaaklike sjokoladekoek uitgeloot word waarvoor lootjies teen R2 by enigeen van die jeuglede tydens die saamtrek gekoop kan word. Prettige pryse sal toegeken word vir gelukkige lootjienommers en toegangskentekens. Toegangskoste beloop R5 en R4 vir skoliere. Skakel Roché Petersen by 072-841-2980 of Nathania Retief by 072-244-0086.
More
News
|