Plesier in die Breytenbach
2008-05-15
VIR Mei maand is daar hope pret by die Breytenbach-sentrum. Emile Minnie, wat deur Laurika Rauch beskryf word as een van Suid-Afrika se top liedjieskrywers, tree op Saterdag om 20:00 teen R50. Emile se gehore kan die meesterlikheid van sy liedjies met “Nagmusiek” ervaar, sy derde Afrikaanse album, en ’n nuwe form vir Afrikaanse musiek. Jeanne Goosen se nuutste bundel, Elders aan diens, wat vir die verhoog verwerk sal opgevoer word. Nicole Holm, Frieda van den Heever en Luna Pieterse is Dinsdag 20 Mei om 19:00 in hierdie skitterende produksie te sien wat Goosen se drome, haar nagmerries, geskiedenis en planete vergestalt. Kaartjies is R70. Indien jy gedigte in die laai het en nie weet wat om daarmee te maak nie, bied die BreytenbachSentrum vir jou die oplossing. Op 23 en 24 Mei word LitNet|Sanlam-SkryfNet se poësieskryfskool aangebied. Die bekroonde digters CharlPierre Naudé en Danie Marais, asook die letterkundige Ampie Coetzee, sal kommentaar en aanbevelings lewer oor die ingeskrewe tekste. Die deelnemers sal deur die loop van die naweek aan een of meer gedigte skaaf wat vir publikasie op LitNet se PoësieNet oorweeg sal word. Verder sal Riana Barnard, uitgewer by Tafelberg, ’n sessie aanbied oor hoe die uitgewersbedryf werk en watter verwagtinge jong digters kan hê oor moontlike publikasie. Die kostes is R500 en sluit etes en verblyf in. Vir navrae en besprekings, kontak die Breytenbach Sentrum by 021-873-2786 of e-pos theokemp@breytenbachsentrum.co.za
More
News
|