Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Inligting gesoek ná moord op tiener

Inligting gesoek ná moord op tiener
 
2008-05-15


DIE Paarl-Oos polisie is steeds op soek na enige inligting wat hulle kan help met hul ondersoek na die dood van ’n agtienjarige skoolseun.

Randall Swartz het op 24 April vanjaar by sy woonstel in Magnolia-woonstelle aangekom en op sy bed gaan lê.

Later die aand het sy suster, Karin Cupido, op sy liggaam afgekom, toe sy gaan kyk het hoekom hy nog slaap. Sy nek was vol bloed.

Daar word vermoed dat Randall die middag deur ’n onbekende persoon of persone aangeval is toe hy op pad huis toe was.

Randall was ’n matriekleerder aan Charleston Hill Sekondêre Skool.

Enigiemand met inligting wat die polisie kan help met hul ondersoek, kan vir insp Cliffie Walters skakel by 021-807-7918.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za