Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Bainskloof herstel stadig

Bainskloof herstel stadig
 
2008-05-15


BAINSKLOOF is tans besig om tot sy vorige glorie herstel te word. Deur die jare het verkeer op die skilderagtige pas vermenigvuldig, en sodoende word die pas stelselmatig beskadig.

Die Provinsiale Paaie Departement het onlangs ’n aansienlike bedrag beskikbaar gestel vir die herstel en versterking van Borcherd se Brug naby Tweede Tol, asook die herstel van die klipmure langs die pad.

Veral swaar voertuie is daarvoor verantwoordelik dat die groot kliprandstene wat deur die oorspronklike bouers tussen die pad en die afgrond geplaas is, afgestamp is.

Sowat 400 klippe is reeds afgestamp, en hulle sal nou met groot moeite deur die kontrakteurs herwin word. Van hierdie klippe weeg een ton en dit is ’n geweldige taak om vir hulle na bo te bring.

In 1849 het die Skotse ingenieur en geoloog, Andrew Geddes Bain, opdrag ontvang om ’n deurgang te bou deur die Limietberge na die binneland.

Bain was geen vreemdeling met die konstruksie van uiters moeilike bergpaaie nie. Hy het in 1948 Michellspas tussen Ceres en Wolseley gebou.

Dit het vir Bain drie jaar geneem om die pas te voltooi met die hulp van tussen 300 en 450 gevangenisse en 15 ton plofstof.

Steeds bly dié pas ’n ingenieurswonder. Die stutmuur is 16 meter diep en nie ’n enkele sak sement is hiervoor gebruik nie.

Die pas is in 1853 voltooi en is later tot ’n nasionale gedenkwaardigheid verklaar. Steeds word dit beskou as een van die mees skilderagtige bergpasse in die land.

Sieg Kröger, voorsitter van die Vriende van Bainskloof, het gesę dat hulle verheug is oor die werk wat nou op Bainskloof gedoen word.

“Dit is egter kommerwekkend dat vragmotors steeds hierdie pad misbruik en skade aan die randstene en klipmure berokken.

“So het ’n vragmotor reeds een van die nuut herstelde mure van Bredasbrug beskadig terwyl dit nog in aanbou was.

“Die vraag is herhaaldelik aan Provinsiale Paaie gevra hoekom daar niks hieraan gedoen word nie. En die antwoord hierop is slegs dat daar wel kennisgewingborde opgerig is om dit te verhoed.

“Dus blyk dit dat die verantwoordelikheid by die wetstoepassingsowerhede rus, maar wat doen hulle daaromtrent?”

Vriende van Bainskloof hou hul algemene jaarvergadering om 10:00 Saterdagoggend 17 Mei in die Corner Lodge by Eerste Tol. Alle belangstellendes is welkom. Vir verdere navrae, kontak Kröger op 082-745-9810.

* Repair work to the picturesque Bain’s Kloof mountain pass is currently taking place.




More News
  • Natural burials arrive in South Africa
  • Lofprysing Oppiberg
  • Bonsai Kai vergader
  • Benefit concert
  • Have a lazy day braai
  • Staan op in moeilike tye
  • Boeresport by fondsinsamelingsdag
  • Local schools shine in debate
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za