Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Help karatemanne skop-skop so

Help karatemanne skop-skop so
 
2008-05-15


DIE Strauss-saal in Paarl-Oos het Saterdag byna uit sy nate gebars tydens die Boland en WP Hayashi Ha karate-kompetisie.

Die doel van die kompetisie was om geld in te samel vir die vier jong Paarliete wat opgeneem is in die Suid- Afrikaanse karatespan wat op 29 Mei na Edinburgh, Skotland, vertrek na die Statebondspele.

Brent Jonker, Dillon Smith, Michael Frans en Milton Mackier is vasbeslote om dié land se naam hoog te hou tydens die toernooi. Mackier (9) is ook die jongste lid van die nasionale span.

Hierdie kranige karatemanne moet nou R22 000 vind om hul onkostes te dek.

Dit sluit in al die reis onkostes, asook, verblyf, en dan moet hulle ook hul eie sakgeld saam neem.

Sensei Patrick Ross het dus die leiding geneem en het die beste karateka’s na die Paarl gebring, vir ’n aksiebelaaide karatetoernooi.

Tydens die toernooi is verskeie skenkings aan die plaaslike karate helde gemaak, maar nog fondse word dringend benodig.

Sensai Elias Jacobs het R500 uitgehaal en so het die geld stadig maar seker begin instroom. ’n Span uit Kaapstad het ook nie op hulle laat wag nie, en hul bydrae het die bedrag na R6000 laat styg.

“Maar,” vertel Sensai Ross, “die mooiste gebaar was toe een van die jong studente, Cadin Lewis, na vore gekom het met sy laaste R10 en dit vir hulle gegee het.”

Op die ou einde is ’n totaal van R12 330 ingesamel vir ons Springbokke, maar dit dek nie eers die onkostes van een van hulle nie.

“Dit is ’n groot voorreg vir ons om vier jong mense in die Springbokspan te hê wat Statebondspele toe gaan. Ek doen ’n beroep op die publiek, asook die sakelui, om hulle harte oop te maak en die manne by te staan.

“Dit is ’n wonderlike geleentheid vir hierdie mense en hulle verdien werklikwaar om die toer mee te maak.”

Enigiemand wat belang stel om bydraes te lewer, kan vir Patrick Ross skakel by 021-862-1943 na ure.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za