Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Rugby-ster gaan nie lê nie

Rugby-ster gaan nie lê nie
 
2008-05-15

Sieb Sieberhagen

RUGBY-STER Bauke Hanekom trap reeds van laerskooldae af diep spore in WP se skole-rugby.

’n Baie ernstige besering, wat hom tydelik op die kantlyn gaan hou, plaas nie ’n demper op sy geesdrif om binnekort weer langs die kant van die skrum te sak nie.

Besorgde rugbyspelers en ouers ondersteun hom baie in dié tyd, sê hy.

Bauke het sy linkerbeen net bo sy enkel, op twee plekke gebreek. Dit was tydens die Gimnasium-toernooi, wat vroeër vandeesmaand in die Paarl aangebied is.

Drie weke voor dié besering het hy sy skouer in die St. Johns-toernooi in Johannesburg beseer. Die skouer het net herstel toe gebeur dít, sê hy.

“Dit was na 10 minute teen Outeniqua toe ek my been gebreek het. Ongelukkig was dit ’n versplintering en ek moes nog dieselfde aand ’n operasie ondergaan,” sê hy.

Van oral oor het rugbyspelers en ouers hul besorgdheid teenoor hom uitgespreek.

“Van die Gimnasium-spelers, teen wie ek al sedert my 0.13-dae speel, was baie besorg oor my besering.

“Jean de Villiers, oud-Gimmie en nou Stormers-kaptein en Springbok-senter, het ook geskakel om my sterkte toe te wens. Hy was ook al baie in dieselfde bootjie.

“Ek waardeer dit baie. Ek is steeds baie positief dat ek gaan regkom. Dr Christo Lourens, wat die operasie gedoen het, is ook baie positief.”

“Daar is ’n skraal kans dat ek vanjaar weer rugby kan speel. Binnekort sal ek ’n tweede operasie moet ondergaan waarna die rehabilitasie-proses sal begin,” sê hy.

Bauke is van plan om volgende jaar by ’n rugby-akademie aan te sluit.

“In my graad 11 jaar het ek reeds aanbiedinge ontvang. Ongelukkig is my kans om vanjaar te speel min, maar ek bly steeds positief,” sê hy.




More News
  • Gasheer vir stoei
  • Show-jumping inter-schools at Evergreen
  • Met 'n groot glimlag vorentoe
  • Wiese uit sy nate oor oorsese toer
  • Boishaai gesels saam met grotes
  • Paarl Juniors hit five
  • Sixteen teams in soccer tournament
  • Alexa skrik nie vir 300 doele nie
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za