Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Vier sterf op nat naweek-paaie

Vier sterf op nat naweek-paaie
 
2008-05-15

Lise Beyers

DIE eerste swaar reëns van winter het die afgelope naweek die lewens van vier men- se geëis op nat paaie.

Onder die slagoffers was ’n dogtertjie wat onlangs haar sewende verjaarsdag gevier het.

Chanté Kleinhans en haar ma Evelyn het Saterdagaand huis toe gestap op die Bo-Dal- pad naby Van der Stelstraat.

Hulle is volgens ooggetuies albei deur ’n minibustaxi getref toe hulle ’n voetoorgang oorgesteek het.

Chanté is met ernstige beserings na Tygerberg Hospitaal geneem, maar sy het kort na haar aankoms gesterf. Evelyn is na die Paarl Hospitaal geneem met veelvuldige beserings.

Chanté het vroeër vanjaar haar skoolloopbaan begin by Paarlzicht Primêr.

’n Woordvoerder van Paarlzicht het gesê dat die hele skool in rou gedompel is ná die tragiese voorval.

“Chanté was ’n gewilde leerder aan ons skool. Dié opgewekte dogtertjie het diep in almal se harte gekruip en ons gaan haar baie mis.”

Sondagoggend het die noodlot weer getref in uiters gure omstandighede op die R44 naby Windmeul.

’n Motor vol insittendes vanaf Strandfontein was onderweg na Wellington vir ’n Moedersdag-uitstappie.

Om ongeveer 08:00 was die motor betrokke in ’n tromp-op botsing met ’n bakkie wat in die teenoorgestelde rigting gery het.

Die bestuurder van die motor, Trevor Bruinders, is uit die voertuig geslinger en noodlottig beseer. Metrowerkers het vir bykans ’n halfuur gespook om sy lewe te red, maar hy is op die toneel dood.

Die ander insittendes van die voertuig, wat Bruinders se vrou, Margareth, ingesluit het, is lig beseer.

Die bestuurder van die bakkie, Christof Briers-Louw van Agter-Paarl, het ’n skouerbesering opgedoen.

Hy het na bewering agter die stuur van sy voertuig aan die slaap geraak en beheer oor sy voertuig verloor.

Terwyl ’n polisievoertuig onderweg was na dié ongelukstoneel, was hy self in ’n ongeluk betrokke in Noorder-Paarl.

Na bewering het ’n bakkie voor die voertuig ingedraai by die NGK Paarlberg. ’n Insittende van die bakkie is lig beseer.

Later dieselfde oggend is nog twee mense buite Wellington dood, toe die bakkie waarin hulle was, aan die voet van Bainskloofpas van die pad gery en gerol het.

Die bakkie het bo-op twee passasiers, Samai April en Dalene Jooste, te lande gekom wat agter op die bakkie gesit het. Hulle was van Vrugbaar-plaas, Wellington.

Maandagoggend was ses motors in ’n kettingbotsing betrokke, ook in swak weerstoestande.

Die ongeluk het in Jan van Riebeeckrylaan plaasgevind naby Groenheuwel, toe ’n motor skielik gerem het.

Die ander voertuie kon nie betyds stop nie en hulle het een na die ander in mekaar gebots. Niemand is ernstig beseer nie.

’n Woordvoerder van die verkeersowerhede het gewaarsku dat padverbruikers uiters versigtig moet wees in winterweerstoestande, wanneer sigbaarheid swak is en paaie glad is.

“Ons maan motoriste om in dié toestande met hul ligte aan te ry, al is dit in die middel van die dag.

“Spoed moet ook verminder word en daar moet altyd gelet word op volgafstand.

“As motoriste hierdie basiese reëls volg, kan talle ongelukke voorkom word.”

* Four people lost their lives in various road accidents over the past wet weekend.




More News
  • Musikant sterf na perdry-tragedie
  • Land-grab chaos in Mbekweni
  • Hawelose-probleem in Paarl aangepak
  • Man in die knyp oor dwelms
  • Sparks fly at Working for Water
  • Delegation to tackle housing problems
  • Diewe takel Wellington besighede
  • Misdadigers sit lank
  •  
        [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za