’n PAARLIET is weereens aangewys as een van die top kelderwerkers van die jaar.
Henry Links is Windmeul Kelder se groot trots, nadat hy as finalis aangewys is van Wynkelders SA.
Dit is die tweede jaar dat die toekenning gemaak word en is ingestel om uitstaande kelderwerkers vir hul toegewydheid tot die wynbedryf te beloon.
Vanjaar se algemene wenner was Edwin Mathambo van Ashton Wynkelder.
“Sonder die kelderwerkers is die Suid-Afrikaanse wynbedryf niks,” het Henk Bruwer, voorsitter van Wynkelders SA gesê.
Personeel van die mees junior vlak, assistent-wynma- kers, asook laboratorium en administratiewe personeel binne die operasionele omgewing, kom in aanmerking.
Links het reeds vantevore uitgeblink in verskeie kompetisies.
Hy het ook al talle wynmaak kursusse voltooi waarmee hy sy kennis kon uitbrei.
Links was in 2006 die wenner van Paarl Wijnbouers Kelderwerkersproe.
Sy kollegas by Windmeul is dit eens dat hy ’n toegewyde, gemotiveerde werker is wat ’n passie het vir die wynbedryf.
* Henry Links from Windmeul Wine Cellar was a finalist in the Cellar Worker of the Year competition.