Skones van streek word gesoek
2008-05-15
DIE Wynland Mnr en Mej Hoërskool vind plaas Saterdag 12 Julie in Stellenbosch Burgersentrum. Tansey Coetzee (Mej SA 2007) sal glans verleen aan die geleentheid. Wynland Mnr en Mej Hoërskool verteenwoordig hul streek om die algehele Wes- Kaap Mnr en Mej Hoërskool-titel Saterdag 27 September in die Cape Town International Convention Centre. Die Wes-Kaapse kompetisie dien as platform vir nasionale Mnr en Mej Hoërskool in 2009 waarin nege provinsies sal deelneem. Belangstellende skoliere mag inskryf na gelang van inskrywings ontvang vanaf skole. Die sperdatum vir skole om hul wenners in te skryf, is môre en oudisies word gedoen Woensdag 21 Mei. Skakel Japie Jonkers by 071-153-3153 of 023-347-4826.
More
News
|