Thursday 22 September 2011

This site will be updated on 30 September 2011


 

 



Search WWW
Search Paarlpost

 


Jong ballerinas troon hoog

Jong ballerinas troon hoog
 
2008-05-15


TWEE jong Paarlse ballerinas, Keenan Louw en Natasha Hess, is genooi om vir die gesogte Cecchetti Mable Ryan toekenning mee te ding.

Hulle albei vertrek in Junie vanjaar na Italië om ’n Cecchetti Somerskool te gaan bywoon.

Om hiervoor te kwalifiseer, was hierdie tweetjies onder die top sewe graad 5 leerders wat verlede jaar eksamen afgelê het.

Albei het verlede jaar hul balleteksamens met lof afgelê en geslaag.

Alhoewel hulle nie hierdie titel kon verower nie, is Bianca Baxter, hul balletopvoeder, baie trots op hulle.

“Om twee van Wes-Kaapland se top ballerinas in jou balletskool te hê, is definitief ’n groot eer en wonderlike voorreg,” aldus Baxter.

Die twee het ook al baie hoofrolle in produksies van die balletskool asook hulle afsonderlike hoërskole vertolk.

Die twee ballerinas dans albei van die vroëe ouderdom van vyf jaar en het al verskeie toekennings ontvang.

Dit sluit in goue medaljes en bekers tydens verskeie ballet en moderne dans Eisteddfods.

Die ballerinas is tans besig met fondswerwingspogings vir die toer. Enige persoon wat die tweetjies wil ondersteun, kan geldelike bydraes doen aan die Toerrekening: Capitec Bank Wellington met die rekeningnommer 1167135952.

Die Vallei kan trots wees op hierdie talentvolle en hardwerkende jong dametjies, sê Baxter.

Vir navrae, skakel haar by 082­690-0239




More News

 
    [ Top ] Tel: (021) 870-4600    email: edit@paarlpost.co.za