Newtons sokkerklub ken sy keer
2008-05-15
DIE sokkerspan van Wellington, Newton United, het die afgelope naweek vir Saints FC, ook van Wellington, by die Mbekweni Sokkervelde met 2-1 in ’n Metroplitan Ligawedstryd geklop. Beide Newton se doele is in die eerste helfte aangeteken waarvan die eerste een ’n uitstekende 25 meter vryskop van Ricardo Petersen was. Angelo Mackrill het later ’n tweede doel aangeteken. Met die omdraaislag het Saints verwoed teruggeveg en is beloon met ’n doel toe Rodney Adams met ’n suiwer kopskoot vanaf ’n vryskop geslaag het. Briljante keerwerk van die Newtonse doelwagter, Enrico Maart, het Saints daarvan weerhou om die gelykmaker aan te teken. Newtons se kaptein, Jacques Rhoda, en Dudley Maree is gesamentlik beloon met die Speler van die Wedstryd-toekenning.
More
News
|